Basiese Inligting
Die doel van die Eljada Huis is om vanuit ons Gereformeerde geloofsoortuiging 'n verskil te maak in die lewens van mense wat minder bevoorreg is.
Die Eljada Huis is 'n inisiatief van die Gereformeerde Kerke in Pretoria. Besoek gerus hul webblaaie.
Die Eljada Huis is 'n inisiatief van die Gereformeerde Kerke in Pretoria. Besoek gerus hul webblaaie.
Ons Embleem
Ons embleem berus op baie spesifieke simboliek. Die blou is hemelse blou. Die groen verteenwoordig groei. Die hand onder is simbolies die hand van die Here waarin ons almal is. Die mense verteenwoordig die gemeenskap aan die een kant wat hulp nodig het en die Eljada Huis (hand) as ondersteuning aan die ander kant maar ons sien onsself op ‘n gelyke vlak voor die Here.
Die Eljada Huis as Organisasie
Die Eljada Huis is geregistreer as 'n maatskappy sonder winsoogmerk (MSW) of soos in Engels algemeen gepraat word 'n "non-profit organisation" (NPO). Die registrasie sertifikaat kan hieronder afgelaai word.
Registrasie Sertifikaat.tif | |
File Size: | 184 kb |
File Type: | tif |